Elke vierkante meter tel
Sel: 0783343867

Vorige Tuisblad

Ek het ongeveer vyf jaar gelede hierdie webblad begin met die doel om dit wat ek aangaande erdwurmboerdery en –kompostering leer, met ander te deel. In die proses het ek met baie mense oor Suid-Afrika en ook in die buiteland kennisgemaak. Sommige mense wou by my meer oor erdwurms leer en ander het my baie geleer.

Alhoewel erdwurms my aanvanklike belangstelling was, het my (kom ons noem dit) “navorsing” oor erdwurms my by interessante ander konsepte, idees en teorieë uitgebring wat ek eenvoudig ook op die toets moes stel. Ek het besef dat erdwurms nie net goed is vir kombuisafval verwerking nie, maar dat erdwurms ‘n indikatorspesie van grondgesondheid is. Grondgesondheid raak elke fasset van ons lewens. Daarom boer met erdwurms om jou grond, jou kos en jou gesin gesond te hou.

Ek het die afgelope paar jaar ook besef dat Suid-Afrikaners ‘n behoefte aan nuttige inligting het wat groentetuine betref. Alhoewel daar baie inligting op die Internet beskikbaar is, wil ek graag met mense kommunikeer wat dieselfde uitdagings as ek het. Daarom begin ek hier Erdwurmboer se Groentetuinklub. As lid van die klub het jy toegang tot die KlubhuisLede kan met mekaar gesels oor verskillende onderwerpe. Die idee is dat lede met mekaar kan gesels oor sake rakende groentetuine, groente, kompos en verwante onderwerpe. Word deel van die gemeenskap en maak ‘n verskil aan jou gesondheid en jou grond se gesondheid. Verder glo ek dat die Groentetuinklub kan help om die aarde een vierkante meter op ‘n slag te red en ook kan help om ‘n verskil te maak aan ons samelewing se gesondheid. Sluit aan en doen iets.

Om al hierdie redes het die fokus van Erdwurmboer se nuwe webblad bietjie verbreed om dit wat ek eerstehands ervaar en daagliks beleef, met mense te kan deel.

Although I used to  write about my experiences only in Afrikaans, from now on I will also (every now and again) try my hand at English for the sake of international visitors to my web page.

Facebooktwitter