Elke vierkante meter tel
Sel: 0783343867

Blog

Ek wil graag sê dat ek oor verskillende alledaagse sake dink en dat ek probeer om alledaagse sake in ‘n nuwe perspektief te plaas om daaruit sin te probeer maak.  Ons is almal saam in (Suid)-Afrika en almal saam op hierdie planeet wat ons Moeder Aarde noem. Ons erf nie ons porsies (hoe klein ookal) waar ons ons huis gevind het by ons voorouers nie, ons leen dit by ons nageslag. Kom ons bewaar dit wat aan ons toevertrou is, asof dit ons eie is. As jy wil kommentaar lewer op iets wat ek geskryf het, volg die “comment” skakel onder aan die skrywes.

Facebooktwitter

Hoekom ek uit die plaaslike landbou unie bedank het

Hoekom ek uit die plaaslike landbou unie bedank het

Ek het besluit om Dinsdag 16 Februarie 2016 as addisionele lid op ons plaaslike landbou unie se bestuur te bedank. Die posisie se naam klink dalk iets besonders, maar dit is nie. Dit is eintlik net ‘n titel wat al jare lank kom en eintlik kan die bestuur sonder die hulp van ‘n addisionele lid klaarkom. Dit was nie asof ek nodig was om geken te word in sake nie en van my kant af kon ek ook nie nuwe sake of relevante sake op die agenda plaas nie.

Ek het ook die voorreg gehad om op die bestuur te dien in die posisie grondbewaring en die afgelope twee maande waterbewaring. Toe ek gekies is om sake rakende grondbewaring te hanteer, was ek reeds sowat vier jaar aan die gang met hierdie webblad en ek het die geleentheid aangegryp aangesien ek op daardie stadium besef het dat ek die posisie in die plaaslike landbou unie kan gebruik om inligting rakende grondbewaring en bewaringslandboupraktyke aan medeboere oor te dra. Gedurende my spreekbeurte op die vergaderings het ek alles gedoen wat ek kon om bewaringslandboupraktyke onder die aandag van ander boereverenigingsvoorsitters te bring. In die hoop dat hulle dit sou deurgee na hulle onderskeie verenigings. Hoeveel inligting deurgegee is, bly egter ‘n ope vraag.

In die tyd wat ek in die landbou unie betrokke was, het ek en ‘n paar vriende met die hulp van Dr. Hendrik Smith (Bewaringslandbou fasiliteerder van GraanSA) Vaalharts Bewaringslandbou Studiegroep op die been gebring. Dit het my in die verdere voordelige posisie geplaas om inligting wat ons in die studiegroep versamel het, op die landbou unie vergaderings deur te gee.

My frustrasie in die landbou unie het ses maande gelede begin toeneem toe ek agterkom dat inligting wat ek deurgee, nie by boere op die grond uitkom nie. Ek het ook agtergekom dat die inligting wat ek deurgee, deur landboumaatskappye afgemaak word as sommer net ouvrou stories. So het ek ses maande gelede uit frustrasie op die landbou unie vir die teenwoordiges genoem dat landboumaatskappye (die destydse landbou ko-operasies) die grootste struikelblok vir bewaringslandbou in ons omgewing is. Ek het ook genoem dat Vaalharts Bewaringslandbou Studiegroep ‘n Bewaringslandbou Simposium beplan vir Februarie 2016 en ek wil vra dat landbou unie lede die dag sou bywoon om te sien dat die inligting wat ek versprei, nie ouvrou stories is nie en om te sien dat bewaringslandboupraktyke geld in die boer se sak terugsit en dat geld nie net in die sakke van landboumaatskappye gestort hoef te word nie.

Op die dag van die simposium het honderd mense opgedaag. Ironies was daar slegs ongeveer 10 boere uit die landbou unie van 250 boere. Nie eers die landbou unie voorsitter het homself verwerdig om op te daag nie. Inteendeel, iewers deur die dag het ek ‘n oproep van hom ontvang – hy het waarskynlik vergeet van die simposium – en ek het terwyl ek na Prof. Wijnand Swart se aanbieding geluister het, die foon doodgedruk.

Wat frustrasies vererger het, was uit my portefeulje waterbewaring. Pas nadat ek in die posisie plek ingeneem het, het ek ‘n vergadering bygewoon oor die opgradering van die Vaalharts Besproeiingskema se infrastruktuur. By die vergadering wat al oor die afgelope 5 jaar bymekaarkom, is daar geen verteenwoordiger van die kommersiële boere nie. Besluite word op die vergaderings geneem waarvan elke boer behoort te hoor, maar die inligting van daar word nie deurgegee na boere nie. Ek het toe begin wonder oor die inligtingsblok op die unie oor bewaringslandbou en of is my opmerking oor landboumaatskappye geregverdig. Lê die fout nie dalk by ‘n oneffektiewe landbou unie bestuur nie? Ek het ook vanuit my posisie na Agri Noord-Kaap uitgereik, maar niemand vandaar kontak my terug nie. Ek weet ek trap op tone, maar wat staan my te doen?

Toe ek Dinsdag bedank het, het ek vir die landbou unie dit duidelik gestel dat daar probleme op die Vaalrivierstelsel is. Water word deur boere gesteel, maar niemand lig ‘n hand om dit te keer nie. Riool val in die rivier, maar niemand doen iets daaromtrent nie. Mynafvalwater val in die rivier. Niemand doen iets daaromtrent nie. Die kanaalstelsel in Vaalharts gaan agteruit en boere help die agteruitgang aan, deur hulle konvensionele landboupraktyke. Daar is in 2006 ‘n rekonsiliasie verslag op die Vaalrivier gedoen en volgens die verslag, gaan die Vaalrivier in 2020 te min water begin hê vir al die ekonomiese- en landbouaktiwiteite langs die rivier. Ons boere het eers verlede jaar by ‘n manne ontbyt toevallig daarvan gehoor toe Prof. Kobus van der Walt daarna verwys het. Hoekom kom inligting nie by boere uit nie? As die inligting destyds deurgekom het, sou dit dalk makliker wees om boere van bewaringslandbou te oortuig? Ek weet nie.

Hierdie inligting het ook nie by ons plaaslike Departement van Landbou uitgekom, voordat ek dit vir hulle deurgegee het, nie. Sedert Dinsdag het daar blykbaar ‘n paar wiele by Vaalharts Water en die Departement Waterwese begin draai, of dit gaan bly draai, weet ek nie. As ek kyk na die uitdagings wat hierdie jaar se droogte aan boere, die publiek en ons regering stel, dink ek die wiele het ietwat te laat begin draai. Ek hoop dat ek verkeerd is.

Die inligting wat ek in vergaderings aan boere deurgegee het, gaan ek van nou af op hierdie blog deurgee in die hoop dat iemand dit raaklees wat kan help dat munisipaliteite langs die Vaalrivier hulle werk begin doen. In die hoop dat myne wat hul afval water in die Vaalrivier laat beland, daarmee werk sal maak. In die hoop dat iemand in die regering sal agterkom dat voedselsekerheid op die spel is en iets daaraan sal begin doen. In die hoop dat mense wat betrokke is by die opgradering van die Vaalharts Besproeiingskema  die beplanning sal bespoedig, want dit is nie net die boere wat daaronder gaan ly nie, maar ook elke mens wat hier woon en werk en ook elkeen wat afhanklik is van voedsel of produkte wat hier geproduseer word.

Volgens ekonome is daar min probleme in ons land en het ons nie veel om oor bekommerd te wees nie. Wat my wel bekommer, is dat selfs die slimste ekonome nie sonder water en voedsel sal kan leef nie. Die rykes sal dalk vir ‘n rukkie langer kos in hulle spense hê, maar dit is die mense hier waar die “tyre die teer tref” wat die effek van die aanhoudende waterbesoedeling en grondvernietiging eerste gaan aanvoel. Ek hoop weereens dat ek hieroor verkeerd is. Maar om te begin praat as dit te laat is, gaan nie help nie. As daar nou ore is wat begin hoor, kan moontlike lewensbedreigende krisisse vrygespring word.

Die dae van landbou unies is uitgedien. Of ten minste die vorm waarin vergaderings en kongresse vandag aangebied word. Op die afgelope 2015 Agri Noord-Kaap kongres was al die sprekers eintlik aan ‘n landbou – of finansiële maatskappy verbind wat boere moed ingepraat het oor die goeie finansiële vooruitsigte en wat klem geplaas het op boere se “kommersiële” status. Daar was een boer wat namens ‘n vereniging gepraat het oor probleme wat boere in die gesig staar.

Voor 1994 was boereverenigings soort van ‘n ekstensie van staatsdepartemente. Byvoorbeeld het boere in ‘n kommandostelsel gehelp met landelike veiligheid. Sedert die kommando’s afgeskaf is, is daar ‘n leemte wat duidelik te sien is uit al die plaasaanvalle die afgelope jare. Boere ry heeldag in die distrik rond en kon sien as paaie agteruitgaan en hulle kon die nodige regeringsamptenare in kennis stel. Sedert die samewerking tussen boere en staatsdepartemente op ‘n amper vyandige vlak gestel is, het landbou-unies en boereverenigings probeer aangaan soos in die ou dae. Daardie dae is verby. Die samestelling en werking van die unies en verenigings moet hersien word, maar boere is te geset in hul weë. Boere moet gaan sit en kyk hoe hulle selfbeeld en die beeld wat ander oor hulle het, verskil en die verskil op ‘n strategiese wyse gaan regstel. Sodoende sal boere en regering weer ‘n kans staan om saam te werk en die een die ander se noodsaaklkheid sien.

Verder het ek dit deur die jare baie duidelik gemaak dat ek die kleinste boer in Vaalharts is. Met een hektaar landbou grond en ‘n gastehuis. Dit wat ek op die hektaar reggekry het en die klein “proewe” wat ek gedoen het, het ‘n paar boere be-indruk en hulle het op kommersiële skaal oorgeskakel na bewaringslandbou.  Ongelukkig is dit skaars een persent van boere op Vaalharts. Toe ek op die watervergadering prata vanuit die voordele van bewaringslandbou en die opgradering van Vaalharts besproeiingskema, is ek in die notule aangehaal as ‘n “kommersiële boer” wat ek nie is nie. Dit het my laat besef dat ek nie namens kommersiële boere kan praat nie – kommersiële boere wat raad oor bewaringsalndbou in die wind slaan en kommersiële boere wat dink omdat ek ‘n klein boer is, baie tyd op hande het en hulle werk vir hulle kan doen.

Wat lekker van Vaalharts Bewaringslandbou Studiegroep is, is dat dit nie aan ‘n formele ge-organiseerde landbou struktuur gebind is nie en ons kan inligting bymekaarmaak en versprei soos ons wil. Dit is waar ek vir die volgende paar jaar gaan besig wees. Wie weet dalk kan ons ‘n verandering te weeg bring.

Facebooktwitter

Nuwejaarsboodskap 30 Desember 2015

Nuwejaarsboodskap 30 Desember 2015

Soms moet jy sê wat jy moet sê. Soms moet jy die olifant in die kamer uitwys. Soms moet jy wys dat die keiser nie klere aan het nie. As jy egter sou sê wat niemand anders wil sê nie of wys wat die ander nie wil sien nie, gaan dit jou baie ongewild maak. Hoekom hou mense nie daarvan om reggehelp te word nie? Wil mense uit hulle eie foute leer? Hoekom wil hulle nie leer uit ander se foute nie? Hoekom wil mense nie uit ander mense se suksesse leer nie?

stofstorms

Ek dink byvoorbeeld dat die “Dust Bowls” wat in die 1930’s in die VSA plaasgevind het, vandag in die Vrystaat en Noordwes plaasvind. Grensdrade is besig om onder sand toegewaai te word. Plek-plek begin sand op die teerpad saampak. Ek het heelwat foto’s van oor die land gekry en ook self foto’s geneem en dinge lyk nie goed nie. Te midde van die stofstorms dring die menigte op sosialemedia bladsye daarop aan dat #rainmustfall. (Dit wil voorkom asof mense reën as ‘n menseregte saak beskou. ‘n Menseregte saak wat soos enige ander in die Suid-Afrikaanse grondwet uitgestippel is). En reën moet val, anders het Suid-Afrika moeilikheid. Maar, maar, kan ons aandring dat reën moet val, as ons Moedernatuur op haar knieë gedwing het. Hoe kan kaalgrond nie wegwaai nie? Hoe kan kaalgrond nie soos ‘n woestyn lyk en maak nie? Gestel nou maar dat reën sou val, dan gaan daardie einste boere met hulle diepbewerktoerusting agter hulle trekkers inspring en aangaan soos hulle laasjaar aangegaan het. In hoe ‘n mate is die huidige droogte en globale verhitting aangejaag deur organiese koolstof wat nie meer in die grond bewaar word nie, as gevolg van verkeerde boerderypraktyke?

As al die saailande wat tans weggewaai word, met ‘n dekgewas of deklaag bedek was, hoeveel koeler sou die omgewing gewees het? In hoe ‘n mate verminder die hoër grondtemperatuur dat dit reën?

Die afgelope paar jaar word “no-till” saaiery bevorder, maar boere sien nie die nut daarvan om oor te skakel nie. Tog is dit nie net die boere wat nie wil oorskakel nie: Ek het eendag vir ‘n klomp landboumaatskappye se bestuurders in ‘n boereunievergadering gesê dat hulle winsmotief ook nog agter die probleem sit. Hulle inkomste kom uit diesel, gif en kunsmis verkope. As alle boere skielik moet oorskakel “no-till” toe, gaan hulle winste in gedrang kom, aangesien “no-till” boere se insetkostes afbring. “No-till” sit meer geld in die boer se sak en minder in die landboumaatskappy se sak. Te midde van die droogte is daar “no-till” boere wat mielies in die grond gekry het sonder dat die mielies weggewaai het.

Een van die boere vertel my dat hy die afgelope 3 jaar 40% hoër opbrengs gehad het teenoor die konvensionele buurmanne. Buurmanne wat tot dusver nog nie ‘n pit kon plant nie, terwyl sy mielies al mooi op is. As landbou- en finansiëlemaatskappye vir boere ‘n een jaar finansiële vakansie kan gee om oor te skakel na “notill” toe, dink net watter verskil dit aan ons samelewing en omgewing sal maak?

 weidingWat van veeboere? Toe dit ‘n jaar of wat gelede nog goed gereën het, het baie van hulle, hulle vee op hulle velde verhoog tot bo die gemiddelde drakrag van die veld sonder om weidingsbestuurpraktyke aan te pas. Kommersiële veeboere en opkomende boere se diere vertrap die veld tot snuif. Teenoor konvensionelebeweiding, het hoëdigtheidsbeweiding na vore gekom. In hoëdigtheidsbeweiding span boere meer kampe en die praktyke word ook al vir ‘n geruime tyd aanbeveel. Tog is boere te gemaklik om in daardie rigting te dink. Van hoëdigtheidsbeweiding is daar in die landelike gebiede van die “tribal lands” geen sprake nie. Boere se beeste loop waar hulle wil. Tog kom die inligting van hoëdigtheidsbeweiding ook nie by hulle uit nie. Die regeringsamptenare wat hulle moet inlig, weet nie eens van hoëdigtheidsbeweiding nie. Beter weidingsbestuur, sou die impak van die droogte vir veeboere ook minder gemaak het. ‘n Vriend vertel my dat hy 100 beeste op 150ha aanhou deur hulle daagliks te skuif in 0.5ha kampies. Die gemiddelde drakrag daar is ongeveer 1 grootvee eenheid op 5ha. Hy wei amper 1 op 1ha. Daar is volgens hom nog baie kos in sy veld. Hy kon sy hele plaas in 1 jaar deurbewei en nou begin hy voor in ‘n kamp wat vir 365 dae gerus het. Anders gesien het hy nog 1 jaar se kos op sy veld oor.

Hoeveel dra die kaal velde by tot hoër omgewingstemperature? In watter mate verhinder die hoë omgewingstemperature dat reën val?

Met die wolkies wat die afgelope paar dae saampak en die hoë vlakke van humiditeit in die binneland, lyk dit asof daar dalk ‘n bietjie reën kan val. Ons hoop dit gaan. Dalk moet ons nie aandring dat #rainmustfall nie. Dalk moet ons eers tot die besef kom dat ons besig is om iets verkeerd te doen en dan besluit om dinge te begin reg doen? By biddae vir reën word gereeld gelees: “As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees (2Kr 7: 13-14). Wat as dae van verootmoediging uitgebrei word tot lewens van verootmoediging? Wat as inwoners van Suid-Afrika nie net aandring op reën nie, maar besef dat die droogte ook dalk ‘n oproep tot bekering is. ‘n Bekering na die God wat hemel en aarde gemaak het. ‘n Oproep tot bekering na die God wat die hemel kan oop- en toesluit wat reën betref? Dalk moet boere ook bekeer van konvensionele boerderymetodes na iets wat meer in lyn is met hoe God se Skepping funksioneer? Dalk moet ons pleit #laatditassebliefreën sodat ons kan regmaak wat ons verbrou het.

Ons groot probleem is dat ons nou al ‘n krisispunt bereik het. Die mieliesaaityd gaan verby. Daar is skaars twee weke planttyd vir mielies oor. Boere kan nie binne twee weke ‘n nuwe boerderypraktyk implimenteer nie. Suid-Afrika se bevolking is vandag baie groter as wat dit was toe die vorige droogtes getref het. Water wat in ander jare vir besproeiing aangewend sou kon word, sal nou eerstens gebruik moet word vir menslike be-hoeftes. Gestel dit reën  nie en gestel die Vaalrivier hou op vloei net soos die Oranjerivier? Hoeveel water is in die Katsedam om losgelaat te word voordat ‘n droogtegeteisterde Lesotho ook drinkwater gaan begin opgaar? Behalwe vir die droogte wat water verminder, is daar ook nog die riool en mynbouwater wat in die riviere beland. Dalk moet die regering van ons land ook besef dat hulle hulself moet bekeer van niksdoen na ietsdoen. Dalk moet hulle weer rioolstelsel aan die werk kry en mynbouers voor stok kry oor hulle agterlosigheid.

Met die tekorte wat vir mielies in 2016 voorspel word, wat gaan gebeur as daar nie meer mieliemeel is wat ge-eet kan word nie en voermaatskappye nie meer genoeg mielies het om voer te produseer vir diere wat weens hongerte vrek nie? As al die ruvoer uitgeput is, wat gaan met beeskuddes gebeur? Wat gaan met beespryse gebeur in 2016, wat van daarna as baie kuddes uitgevrek of –geslag is en boere weer kuddes begin opbou? Wat as die rand nog verder tuimel? Waarheen gaan voedselpryse? Ons infrastruktuur kan nie invoere hanteer as dit op ‘n punt moet kom waar al ons kosvoorraad ingevoer moet word nie. Waar gaan 50 miljoen plus mense kos kry? Die stedeling moenie dink dat hy ongeskonde daarvan gaan afkom nie.

Wat kan ons hieruit leer? Dat die huidige landbou en bemarkingsmodelle nie volhoubaar is nie? Dat as almal help kan ons ons probleme bietjie uitstel? Dat as ons ‘n paar jaar gelede al ons leefstyl aangepas het, dinge vandag anders kon lyk? Dat almal in Suid-Afrika afhanklik van water is? Dat almal in Suid-Afrika afhanklik is van grond om ons kos te produseer? Dat die manier waarop ons ons grond bestuur ‘n direkte gevolg het op wat met ons water gebeur? Dat die manier waarop ons ons grond bestuur ‘n direkte gevolg het op wat met ons mense gebeur?

My vraag is, as die reën sou val, gaan ons in Suid-Afrika aangaan soos ons nog altyd aangegaan het, of gaan ons verander en saamwerk om ons samelewing en omgewing op ‘n gesonde voet te plaas?

Facebooktwitter

One Straw Revolution

One Straw Revolution

In 1975 skryf Masanobu Fukuoka (1913-2008) The One Straw Revolution: An introduction to natural farming. ‘n Boek oor “doen niks boerdery.” ‘n Boek oor “natuurlike boerdery”. Hy sê nie dat ‘n boer moet niks doen nie en dat die natuur net sy gang moet gaan nie. Dit noem hy verwaarlosing. Dit gaan oor ‘n boerdery waarin die boer soveel moontlik die natuur se prosesse gebruik om ‘n oes te lewer. Hy wou nie verbeter op die natuur nie, hy het met die natuur saamgewerk. Alhoewel die fokus van die boek op boerdery val, is dit geensins ‘n boek net oor boerdery nie. Die boek gaan oor ‘n lewensfilosofie van ‘n man wat in Japan gelewe het.

Toe hy The One Straw revolution geskryf het, het hy alreeds vir vyf-en-twintig jaar nie sy lande geploeg nie. Sedert die 1950’s het hy niks chemiese kunsmis gegooi nie en ook geen chemiese plaagbeheer toegepas nie. Tog het sy opbrengs vergelyk met enige ander kommersiële boer in sy omgewing. Dit klink ongelooflik en in sy eie woorde vertel hy:

The method completely contradicts modern agriculture techniques. It throws scientific knowledge and traditional know-how farming out the window. With this kind of farming, which uses no machines, no prepared fertilizer and no chemicals, it is possible to attain harvest equal to or greater than that of the average Japanese farm. The proof is ripening before your eyes.

Die rede hoekom boere nie geneig is om oor te skakel natuurboerdery toe nie, is omdat hy oortuig is dat boere die verkeerde vrae vra as dit gaan oor die hantering en bestuur van gesaaides. Boere is geneig om te vra: “Wat moet ons volgende doen?” Hulle moet eerder vra: “Wat moet ons nie doen nie.” Die rede hoekom boere die heeltyd moet dink oor wat om volgende te doen, is omdat die natuurlike balans op hul plase en in hulle grond totaal uit balans gegooi is. Die balans is so deur boerdery aktiwiteite versteur, dat die grond begin afhanklik raak het van die boer se aktiwiteite. Mense ken nie meer die natuur nie en Fukuoka se pleidooi was dat mense net weer vir ‘n slag sal gaan sit en kyk wat in die natuur aangaan. As voorbeeld van hoe om die natuur te verstaan, verwys hy na skadelike insekte wat nie sy oeste vernietig nie, omdat die voordelige insekte in soveel meer getalle op sy plaas is.

Fukuoka gebruik ‘n kombinasie van strooi, klawers, weiwieke en lusern om sy grond bedek te hou. Saad word met klei bedek om klein kleiballetjies te vorm en dan word die saad in die dekgewas en deklaag ingesaai. Dit is ‘n proses wat jy liefs in die boek moet lees om mooi te verstaan. Om meer oor die maak van die kleiballetjies uit te vind, kan jy hier gaan lees. http://permaculturenews.org/2014/06/18/making-seedballs-ancient-method-till-agriculture/ Deur die grond bedek te hou en op die manier op te bou, hoef hy nie soos sy buurmanne sy ryslande permanent met ‘n paar duim water gevul te hou nie. Hy gee vroeg in die seisoen water wat vir ‘n week in die land staan. Die idee is om klawers wat met die rys kan kompeteer bietjie terug te hou totdat die rysplante sterk genoeg is. Dan laat hy die water uit en die klawers groei weer tussen die rysplante in. Vir die eerste helfte van die seisoen hierna, lei hy glad nie weer sy grond nat nie. Die grond onder die strooibedekking bly heeltyd klam. As hy laat in die seisoen moet natlei, lei hy bietjies-bietjies water op ‘n slag, maar laat nooit die water opdam of in die land staan nie.

Hy boer ook met sitrusbome wat hy nooit snoei nie en hy laat hulle natuurlik groei soos hulle wil. Dan saai hy ook ‘n groot verskeidenheid groentesaad tussen die bome in wat saam met die klawers, weiwieke en lusern deel word van die landskap en grondbedekking. Hy laat altyd van die groente saad skiet en op hierdie wyse groei daar allerhande soorte groente op sy plaas wat elke jaar vanself opkom.

Die plase in Japan is klein plase. Fukuoka glo dat 100% van ‘n land se bevolking boere behoort te wees.

In my opinion, if 100% of the people were farming it would be ideal. If each person were given one quarter-acre, that is 1 1/4 acres to a family of five, that would be more than enough land to support the family for the whole year. If natural farming were practiced, a farmer would also have plenty of time for leisure and social activities within the village community. I think this is the most direct path toward making this country a happy, pleasant land.

1 ¼ akker is ongeveer ½ hektaar. Deur ‘n half hektaar per familie toe te ken, kan ‘n land se bevolking genoeg of volgens Fukuoka, meer as genoeg, kos vir hulself produseer. Volgens Fukuoka was tussen 70% en 80% van Japan se bevolking na afloop van die Tweede Wêreldoorlog, boere. Die getalle het stelselmatig afgeneem totdat dit in 1975 slegs ongeveer 14% was. Fukuoka wou hê dat die Japanse bevolking weer sou terugkeer na kleinskaalse boerderye. Sodoende sou werk weer ‘n plesier word en sou mense tyd kon kry vir spirituele refleksie.

Alhoewel natuurboerdery soveel sin maak en blyk die rigting te wees om in te beweeg, is Fukuoka ‘n paar keer gevra hoekom dit nie gebeur nie. As voorbeeld verwys hy na ‘n geleentheid toe hy in ‘n vergadering met die lede van die destydse Visburo, die Minister van Landbou en Bosbou en die Landbou Ko-op daarna verwys het dat kos sonder gifstowwe en swaar masjinerie verbou kon word en dat hy dit doen. Hy het ook gevra dat die destydse regering moet ophou om chemiese middels voor te staan. Die groot probleem volgens Fukuoka hoekom natuurboerdery nie gepromofeer word nie en wat hy vir die vergadering genoem het, is die volgende:

If crops where to be grown without chemicals, fertilizer, or machinery, the giant chemical companies would become unnecessary and the government’s Agricultural Co-op Agency would collapse. To put the matter right out front, I said that the Co-ops and modern agricultural policy makers depend on large capital investment in fertilizer and agriculutral machinery for their base power. To do away with machinery and chemicals would bring about a complete change in the economic and social structures.

Hy is stilgemaak deur die voorsitter omdat hy die vergadering “ontstel” het.

Ek wonder dikwels hoe dit gebeur dat bewaringslandboupraktyke nie in Vaalharts (waar ek woon) toegepas word nie. Met hoe meer boere ek gesels, hoe meer kom ek agter dat hier in ons wêreld ‘n informasieblok is wat verhinder dat inligting by die boere uitkom. Tog word bewaringslandboupraktyke al vir dertig jaar elders in die land toegepas. Wat verder interessant is, is dat Fukuoka in ‘n ander boek Sowings seeds in the desert verwys na ‘n :

teacher who was involved in South Africa’s anti-apartheid movement came to my hillside hut in Japan once and asked to be taught the methods of natural farming. It happens that when he came I was harvesting rice with a sickle. He said he wanted to learn how to use a sickle. It seemed from his stories that most of the people in South Africa do not know how to sow seeds or to take care of plants once they have sprouted. When I heard from him several years later, he said that he was having greater success teaching people that they could achieve independence by starting a natural farm than he had by spreading the political message of the independence movement.

Wie was hierdie man na wie Fukuoka verwys het. Waar het mense in Suid-Afrika natuurlike plase aangelê? Wat het geword van die plase? Is die rede hoekom so min mense en boere in Suid-Afrika iets van bewaringslandbou en natuurlikboerdery, die rede waarna Fukuoka verwys? Hoe sal die ekonomiese en sosiale strukture in Suid-Afrika verander as meer mense (al is dit ‘n vierkante meter) groente begin produseer en onafhanklik word, al is dit net onafhanklik in terme van kos wat nie by ‘n supermark gekoop hoef te word nie?

Terwyl ek The One Straw Revolution gelees het, het ek besef dat ek die afgelope paar jaar soveel van Fukuoka se beginsels op my plaas begin toepas het. Die rimpeleffek van Fukuoka se filosofie en navorsing het my lankal bereik, ek kon net nie presies vasstel wat die klippie was wat die rimpeleffek veroorsaak het nie.  Nou kan ek soveel meer doen. Ons is almal net dwergies wat staan op die skouers van reuse wat voor ons gegaan het.

Facebooktwitter

Dieselfde taal

Dieselfde taal

Ek so ‘n week of twee gelede ‘n interessante ervaring gehad. Twee mense uit Duitsland het hier by ons gastehuis ingeboek en soos ‘n mens maar is, het ek hulle begin uitvra oor wat hulle daar doen en wat hulle hier kom doen het. Groot was my verbasing to Bastian vertel dat hy besig is met ‘n PhD in volhoubare boerdery en dat hy mense help om klein groentetuintjies in klein spasies te bou.

Ons het die volgende paar dae soveel gedagtes uitgeruil en dit het gevoel asof ons mekaar al jare ken. Ek het byvoorbeeld toe ek en vroulief langs die strand sit en vakansie hou so ‘n week of twee gelede, vir haar gesê dat dit nogal vreemd is hoe, kennis oor iets basies soos voedselproduksie en groenteverbou en preservering van kos, in een generasie verlore geraak het. Van ons oupas en oumas tot nou, het ‘n inligtingsuitwissing plaasgevind. Terwyl ek en Bastian gesels het, het hy presies dit vir my gesê is wat in Duitsland besig is om te gebeur. Sy oupa het nog ‘n groentetuin gehad, maar sy pa-hulle nie. Sy oupa hulle het geweet hoe om kos vars te hou sonder yskaste en vrieskaste, sy oupa het geweet hoe om groente te laat groei sonder sintetiese chemiese bemesting en gifstowwe teen plae. Ons moet as’t ware van vooraf leer om volhoubaar kos te kan produseer. Alhoewel hy Duits praat en ek Afrikaans, het ons ook dieselfde taal gepraat.

Dit het my laat wonder in hoe ‘n mate is daar ‘n sosiale bewustheid oor ‘n komende voedselkrisis onder mense aan die opbou. Of is dit bloot dat ek en Bastian aan dieselfde tipe inligting blootgestel is aan weerskante van die aarde? Wat is die impak van sosiale media om soortvan ‘n “wêreldbrein” of “wêreldsenuweestelsel” aan die gang te sit. Of is die “wêreldbrein” of “wêreldsenuweestelsel” daar ongeag of fisiese inligting gedeel word? Of word die bewustheid bloot gedryf deur iemand wat versiende genoeg is om probleme te identifiseer en dan ander daarop te laat let? OP die ou einde deel ons een persoon se visie, lees daarvan in verskillende boeke en deel dit op allerhande maniere met mekaar?

Facebooktwitter

Min grond, min water, baie groente

Min grond, min water, baie groente

In my soektog na maklike maniere om groente op kleinskaal te vebrou het ek op Larry Hall se Facebook blad afgekom. Ek het sy voorbeeld van ‘n Rain Gutter Grow System gevolg en my eindresultaat lyk as volg:

 

Hou jou groente nat!

Facebooktwitter

Health: In a pill or in a diet?

Health: In a pill or in a diet?

 

From Twitter

This tweet by Nechama Brodie caught my eye and I immediately followed the link which took me to an article written by Hadley Freeman, columnist and features writer for The Guardian. The title of the article read: “Green is the new black: the unstoppable rise of the healthy-eating guru.” The content of this article is about someone not into eating like the “healthy-eating guru” and making quirky remarks about people promoting a different lifestyle than what is on offer today. Freeman also points out that among the “healthy eating gurus” you find cheaters and liars. The main point of the article is to show how little actual knowledge these “gurus” have compared to professional dieticians. All and all a bit negative about non-professionals getting rich by many people taking their advice and not the advice of the professionals who studied extensively and have all the registrations and credentials in place. Therefore the subtitle by Monique dos Santos is a warning to readers about non-professionals giving nutritional advice.

I know that this is a small summary of a long article, and I invite you to read it yourself. I must say I’ve enjoyed reading the article although I didn’t “snort with laughter” while reading it.  What bothered me was the way in which “non-professionals” are set up against “professionals”. Maybe that’s why dos Santos subtitled it, because she is a registered professional dietician. To become a professional in any field you must have a degree of some kind and then write exams and it takes a lot of time. Once you’ve got the stamp and once you are registered you can start asking a consultation fee for people to come and see you.

I wouldn’t have taken to my pen at this stage if it wasn’t for a visit to a registered professional psychiatrist yesterday. I only took my mother to him, as I have every six months for the last five years, to renew her prescription. My mom has been on anti-depressants since 1997. She saw four other psychiatrists prior to this one. When she started seeing the first psychiatrist, she used one pill: Eltroxin. The latest prescription I received yesterday, includes 13 different pills. My mom is not much better than 20 years ago, on the contrary. If she was better, she wouldn’t need to take 13 pills to drink! The professional told me yesterday that there is actually nothing we can do about it. We will just have to go through the motions, by implication, until she dies. By the way, my mom turned 71 last week and if I were to post a photo of her here, you would think that she is 90.

About eight years ago, my wife had a choice to either start using Eltroxin or look at an alternative for her underactive thyroid gland or hypothyroidism as it’s called. We only discovered she had hypothyroidism when she stopped using The Pill and we wanted to start a family. After she stopped using The Pill, her normal menstrual cycle stopped. At first the “professionals” told us that it is normal for women who have used The Pill for a long time to have difficulty in this regard. When after two years her menstrual cycle still was not back to normal, all the “professionals”  said that Eltroxin will help. One “non-professional healthy eating guru” said: stop eating sugar, starch, grains and dairy products. So our journey began eating high protein, certain vegetables and fruit. Three months later her thyroid became active again (we had doctors confirming this) and her menstrual cycle was back to normal. Coincidence? I don’t think so. She conceived a year later.

Back to my moms problem. I recently checked up on the side effects of Eltroxin. You can find a complete list here, but I would like to highlight only a few:

  • feeling not well or unhappy
  • feeling things are not real
  • feelings of suspicion and distrust
  • mental depression
  • nervousness
  • fear
  • confusion
  • disorientation
  • difficulty with swallowing

These are 9 side effects listed for Eltroxin. My mom experiences most of these at a given time. So, is her mental illness caused by the side effects of Eltroxin? Is it coincidence that she used only the one pill 20 years ago and is now using 13? I asked the psychiatrist yesterday how much of what my mom is experiencing is because of the side effects of Eltroxin. Well, he nodded his head as if I was asking a rhetorical question and he never answered. I also asked him how much of what she is experiencing is the side effect of the 12 other pills she is using right now? Again he did not answer. Only that he is doctoring the above mentioned symptoms with pills without saying that they could be or could not be side effects of Eltroxin. I could list the side effects of the other pills she is using and then tell you how many of those symptoms she is experiencing, but that would take a lot more time. So had my wife opted to use Eltroxin 8 years ago, what pills would have been prescribed to her since then?

Here is my problem. Medical doctors and other graduate professionals are supposed to be able to help unlearned people like my wife, my mom and myself. Somehow I’ve walked away from many medical professionals thinking that they are only in it for the money even though the have pledged the Hippocratic Oath. We live in rural South Africa and I asked the psychiatrist to please refer my mom to another psychiatrist closer to home. He called me within 2 hours saying that the other psychiatrist, that’s only an hour’s drive from home instead of three hours drive to him, will not be taking take in new patients – he is too busy. So I have to put my mom in a car, drive 6 hours every six months to renew her prescription. What’s wrong here? Pills prescribed by a medical professional, causes side effects that could only be treated with medication that could only be prescribed by a psychiatric professional. I don’t get it.

I don’t know whether my mom is too old for a lifestyle and dietary change, but I’m going to find out. It was Einstein who said that insanity is doing the same thing over and over again and expecting different results. I am not insane. I’m done going back to a  “professional”, maybe we should also listen to “non-professional healthy eating gurus” instead. Correct me if I am wrong?

Facebooktwitter

Sê nou net?

Sê nou net?

Al hoe meer mense weet nie meer wat reg en wat verkeerd is nie. Nee, ek wil nie ‘n morele les hier gee nie. Ek verwys bloot na die idee dat mense nie meer weet wat hulle moet glo nie. Nee, ek wil nie godsdiens praat nie. Ek verwys na iets wat een of ander tyd deur die hoofstroom wetenskap en die hoofstroom media aangedui is as reg en later aangedui is as verkeerd.

Byvoorbeeld, botter was jare gelede absoluut verkeerd en margarien is aanbeveel deur dokters en onderskryf deur die hartstigting. Sigarette was as onskadelik ge-adverteer met behulp van ‘n foto van ‘n dokter wat in sy spreekkamer sit en ‘n sekere handelsmerk sigaret in sy hand vashou. Dan is daar die sake van witvleis teenoor rooivleis en maer vleis teenoor vet vleis. Is daar klimaatsverandering of nie. Is die klimaatsverandering as gevolg van mense se handelinge of is warmer temperature en stygende seevlakke deel van  ‘n normale siklus waardeur die aarde sy hele bestaan al deurgaan? Almal het ‘n opinie oor GMO’s, dit hang net af watter tydskrifte, koerante en sosialemedia kommentaar jy lees.

Dalk moes ek eerder gesê het dat mense nie meer weet wie is reg en wie is verkeerd nie? Dit is ‘n komplekse saak wat ons sal moet uitwerk. Die saak raak al hoe meer kompleks as jy langs ‘n braaivleisvuur sit of met ‘n glas rooiwyn om die kaggel kuier. Hoe sê iemand een aand? “Jy kan enige iets reg bewys” Toe spat die vonke!

Sê nou net iemand is reg en iemand is verkeerd? Hoeveel makliker sou dit vir Janalleman wees as hy net kon weet wat om te doen om reg te doen?

Facebooktwitter

Wat ek by KZN No-Till Konferensie geleer het

Wat ek by KZN No-Till Konferensie geleer het
KZN No-till

Die KZN No-till Club Bewaringslandbou konferensie 2015 is van Dinsdag 1 September tot Donderdag 3 September by Drakensville ATKV oord buite Bergville gehou. Dit was my eerste keer dat ek die konferensie bygewoon het en ek hoop dat ek weer daar kan uitkom. Ek het waarskynlik so ses jaar gelede eers werklik van geenbewerking (“no-till”) gehoor en daarin begin belangstel. Dit was ongelooflik om verlede week daar by die konferensie te kon hoor van boere wat die praktyk al vir meer as twintig jaar toepas. Die gedagte wat my die meeste getref het, is hoe kan dit wees dat sommige boere al vir meer as twintig jaar die voordeel van geen bewerking oes, terwyl ander boere steeds nie daaraan as oplossing dink nie.

‘n Waarskynlike rede hoekom die vlakke van aanvaarding van geenbewerking in Suid-Afrika so laag is, het dalk te doen met die gedagte dat “no-till” nie net ‘n kopsaak is nie, maar ook ‘n hartsaak.  Elke spreker wat by die konferensie opgetree het, het nie net ‘n klomp feite vir kennisname uitgedeel nie, maar elke spreker het met oorgawe en passie gepraat van geenbewerkingspraktyke wat hulle self be-oefen en projekte waarby hulle betrokke is. By die konferensie is een of twee keer genoem dat jy nie ‘n “no-till” boer is omdat jy ‘n “no-till” planter gebruik nie. Jy is eers ‘n “no-till” boer as die feite van jou kop na jou hart begin deurwerk het in ‘n liefde vir grond en die mikro-organismes wat in die grond is. Eers wanneer jy werklik besef wat die waarde van ‘n mikroskopiese grote bakterie of die waarde van ‘n erdwurm is en jy alles in jou vermoë doen om die organismes te beskerm, dan kan jy jouself ‘n “no-till” boer noem. Die boere wat ek daar gehoor praat het, al was dit formeel op die verhoog of privaat in ‘n gesprek, het nie net ‘n liefde vir grond nie, maar hulle het ook ‘n uitgesproke onwrikbare geloof en liefde in God wat die grond geskep het. Ergon Zunckel, voorsitter van KZN No-till Club, se woorde vat dit so saam: “As a believer, I am confident that this is the closest method of crop farming to what God intended at creation” “No-till” boerdery is eerstens ‘n hartsaak en dan ‘n kopsaak.

KZN No-till6

Hoe maak jy die skuif in jou kop en dan na jou hart om geenbewerking in jou boerdery te begin toepas? Solank as wat jy grond beskou as iets wat die plante moet regop hou, solank as wat jy na sommige landbouvoorligters luister wat sê dat grond net ‘n groeimedium is en dat alles wat die plant benodig deur ‘n chemiese korrel toegevoeg kan word, solank sal jy nooit oorskakel tot geenbewerkingspraktyke nie. Eers wanneer jy begin besef dat chemie, organies en biologie saamwerk om ‘n plant te laat groei, dan begin die kopskuif kom en word “no-till” ‘n kopsaak. Wanneer jy dan verder besef dat dit wat jy met grond aanvang en hoe dit wat jy met grond doen die kleinste organisme in die grond beskadig of nadelig be-invloed en jy besef dat jy deur die grond te versteur, dit kaal los en die biodiversiteit van dit wat onder en bo die grond lewe tot niet maak, dan begin “no-till” vir jou ‘n hartssaak word. Jy het eers tot “no-till” aanvaarding gekom as jy dit wat jy besef jy verkeerd doen, wil begin regstel. Vic Roberts het die eerste dag se lesings begin deur te vertel van wat jy alles in ‘n handvol grond gaan raaksien. As jy die dag Vic se passie oor die kleinste organisme in die grond deel, dan kan jy sê dat “no-till” vir jou ook ‘n hartsaak geword het.

O ja, ons het by die konferensie ook geleer van hoe om geenbewerking toe te pas. Ons het planter demonstrasies gesien. Ons het dekgewasproewe van Agricol saad gesien. Ons het ook geleer dat bewaringsboerdery nie net beperk is tot “no-till” planttegnieke nie, maar dat dit ook gaan oor hoe jy natuurlike weiding bestuur. Ons het ook gehoor dat die voordele van bewaringslandboupraktyke nie net tot die boer se tyd en geldbesparing uitloop nie, maar soos die begrip deurgee, gaan bewaringslandbou oor die bewaring van die natuurlike hulpbronne op jou plaas. Deur grond te bewaar, bewaar jy jou en jou nageslag se toekoms.

Planters
Weiding
Facebooktwitter

‘n Wedloop is aan die gang

‘n Wedloop is aan die gang

Op 28 Augustus het ek ‘n Absa en John Deere boeredag op Hartswater bygewoon. John Deere het met ‘n aggresiewe bemarkingsveldtog verduidelik dat hulle sakpas finansiering vir boere wil gee. Op sommige boerderytoerusting is hulle selfs bereid om prima minus 8.5% rente te gee. Dit blyk ‘n groot stap van John Deere se kant af te wees om boere in moeilike ekonomiese tye van hulp te wees.

Aan die anderkant het Absa boere moed ingepraat oor die ekonomiese vooruitsigte van landbou omdat ‘n groeiende wêreldbevolking, kos gaan nodig hê. Alhoewel daar uitdagings vir Suid-Afrikaanse boere is, bly landbou ‘n baie goeie bedryf. Veral as in aggeneem word hoe Afrika se ekonomie besig is om te groei. Wie beter om in Afrika te boer as Suid-Afrikaners wat die omstandighede ken en verstaan. Suid-Afrikaanse boere het hulself al oor en oor bewys as hardwerkend en suksesvol.

Tog wil ek hier aansluit by wat ek in ‘n vorige bloginskrywing genoem het. Tot onlangs het die Suid-Afrikaanse media berig dat daar ongeveer 36000 kommersiële boere in Suid-Afrika is. Mnr. Ernst Janovsky het my op die dag verseker dat die getal nou gekrimp het na nader aan 29000 kommersiële boere in Suid-Afrika. In die vorige bloginskrywing het ek vertel hoe die getal my laat dink oor voedselsekuriteit in die land. Hier wil ek kyk na die ekonomiese implikasies daarvan.

Vir landboumaatskappye, soos John Deere, en ook vir landboufinansierders, soos ABSA, is die spreekwoordelike ekonomiese koek aan die een kant besig om te groei en aan die anderkant besig om te krimp. Mnr. Ernst Janovsky het genoem dat landbou jaarliks sowat R180 biljoen bydra tot die land se ekonomie. Dit opsigself is ‘n bedrag waaruit enigiemand sal wil tap. My oorlede Oom Paul het genoem dat daar ‘n stroom geld in die landboubedryf vloei, jy moet net ‘n klein keerwalletjie bou om suksesvol te wees. Die landboukoek is eintlik baie groot.

Tog is die koek ook besig om te krimp. As daar elke jaar soos verlede jaar 300 melkboere uit die bedryf klim, beteken dit dat daar elke jaar minder kliënte gaan wees om te bedien. As jy nou al ‘n finansieringsproduk daar kan stel wat vir ‘n boer aanloklik is, gaan hy dit aangryp. Vir die landboumaatskappy en –finansierders beteken dit dat wanneer die boer oor 5 of 10 jaar die bedrag afbetaal het, hy ‘n klient van die maatskappy en finansierder sal bly. Vir die boere wat dit nie regkry om die produk af te betaal nie, is die huidige stygende tendens van landbougrond van so aard dat ‘n boer maklik grond sal verkoop aan ‘n groter boer en dalk sommer sy toerusting ook en dan met die totale verkoopprys, die finansierder sal kan afbetaal. Dus, min risiko vir die landboumaatskappy en -finansierder.

In die huidige landbouproduksie en bemarkingsmodel, moet boere groter gaan of uitklim. Op elke boeredag waar ek die afgelope jaar was, was die uitgangspunt dat boere moet groter gaan. Dat boere meer presies moet boer. Dat boere meer produktief moet wees om te bly voortbestaan. As landboumaatskappye soos John Deere nou die regte kliënte kan oorreed om hulle kundige produkte wat produktiwiteit en presisieboerdery ondersteun, te koop en finansierders soos ABSA help met die finansiering daarvan, gaan die maatskappye se aandeel in die landboukoek groei.

Die wedloop het begin om die kwynende hoeveelheid boere te pamperlang. Tog is dit juis die finansieringsmodel wat gemaak het dat boere al minder word. Maar dit is ‘n artikel vir later. Die wedloop het ook begin vir boere om na ‘n alternatiewe produksiemodel om te skakel, wat sal help dat die boer ‘n groter deel van die R180 biljoen van die landbousektor in sy eie sak kan steek. Myns insiens is ‘n stap in die rigting van bewaringslandbou praktyke die eerste rigting waarna boere moet begin kyk, aangesien bewarinslandboupraktyke laer insetkostes vir die boer verseker. Daar is reeds boere wat na bewaringslandbou oorgeskakel het en groot suksesse behaal het. Daarom woon ek hierdie week KZN No-till Club se bewaringslandboukonferensie by om eerstehands van die boere te hoor van hulle ondervindings.

Facebooktwitter

My persepsie oor persepsies oor Monsanto

My persepsie oor persepsies oor Monsanto

Ivo Brants, grootbaas van Monsanto, het gister die KZN-No-till Club Konferensie by Drakensville ATKV-oord toegespreek. Nadat hy vertel het dat minimum bewerking aansienlik moeiliker is sonder die gebruik van Monsanto se Roundup-produkte, waarmee onkruid beheer word, het hy ook die “mites” wat deesdae rondgaan oor die gebruik van glyphosaat, wat die aktiewe bestandeel in Roundup is, beveg. Dit is volgens hom ‘n mite dat Roundup kanker veroorsaak en ook ‘n mite dat Roundup grondmikrobelewe nadelig be-invloed.  Monsanto het proewe in die verband gedoen en hulle het bewys dat die mites nie so is nie, dus is alle wetenskaplike bewyse en proewe wat die teendeel bewys, swak wetenskap. Boere kan met gemoedsrus Roundup gebruik. Dit is die boodskap van Monsanto aan die konferensiegangers.

Later die middag was daar ook ‘n vraagsessie waar konferensiegangers vrae aan Brants kon stel. Hier het Suid-Afrikaanse bemarkers van Monsanto produkte ook nadergestaan en vrae besweer wat moontlik daarop kan wys dat daar probleme met Monsanto se produkte kan wees en navorsing wat dui op probleme met Monsanto se produkte. In kort was die dag ‘n baie goeie een vir Monsanto, aangesien hulle kon wys dat hulle produk goed is en nie vir mens of omgewing skadelik is nie. Die hoofprobleem vir Monsanto, is verkeerde persepsies oor produkte wat daarbuite bestaan.

Kom ons aanvaar dar Monsanto se produkte nie skadelik is nie, soos Monsanto deurgee. Kom ons aanvaar dat die persepsies oor Monsanto en sy produkte verkeerd is. Kom ons kyk na wat die verkeerde perspesies vir die Suid-Afrikaanse boer inhou.

Die persepsie is dat sedert GMO produkte en glyphosaat in Indië in gebruik geneem is, dit veroorsaak het dat meer as 100 000 boere in Indië die afgelope paar jaar selfmoord gepleeg het. Die persepsie by die verbruiker is dat GMO mielies in rotte se dieët veroorsaak dat die rotte gewasse groei, wat beteken dit vir die mens wat die produkte gebruik? Die persepsie is dat Europese lande die aanplant van GMO produkte verban het. Die persepsie is dat China GMO produkte verban. Die persepsie is dat Rusland GMO produkte verband het. Die persepsie is dat Arentinië besig is om GMO produkte te verban.

Wat van glyphosaat? Die persepsie is daar dat 30000 Argentynse doktors die gebruik van Glyphosaat wil stopsit. Europa het China gevra om glyphosaat gebruik te stop. Daar is ‘n wêreldwye dryf om GMO’s en glyphosaat gebruik te be-eindig. As gevolg van al die persepsies is Monsanto se verdienste besig om te tuimel.

Dit is my persepsie dat die persepsies oor Monsanto, GMO’s en glyphosaat die verbruiker daartoe beweeg om eerder ander produkte te koop. Suid-Afrikaanse boere gaan een jaar nog GMO mielies plant, maar dan teen oestyd uitvind dat hulle nie ‘n mark (plaaslik of buiteland) vir hul produkte gaan hê nie. Met die huidige landboubeleid in Suid-Afrika, gaan boere ook nie dan hulp van die regeringskant ontvang nie.

Ivo Brantys is reg, Monsanto se probleem is die verbruiker se persepsie van GMO’s en glyphosaat.

‘n Boer het ook gevra wat die alternatief vir glyphosaat is, aangesien dit die veilgste opsie is wat daar is om onkruid te beheer. Tog het bioboertie (@CoetzeeBertie) se Tweet op die die dag die saak raakgevat: “onkruidbeheer = shooting the messanger”. Is gif nodig om onkruide te beveg as onkruide ‘n aanduiding is van onderliggende grondgesondheidsprobleme? Die alternatief tot Roundup is goeie bewaringslandboupraktyke.

Facebooktwitter