Elke vierkante meter tel
Sel: 0783343867

Mense wat ek ontmoet het

Soos gesê. het ek oor die afgelope paar jaar baie by ander mense geleer oor erdwurmboerdery. Ek het ook by ander mense gaan kers opsteek oor grondgesondheid en groenteproduksie. Ongelukkig kan ek nie daardie inligting vandag net so herhaal nie. Met die hedendaagse slimfone, video-opnemers en internet tegnologie, het dinge bietjie verander. Ek wil voortaan  video’s, klankgrepe en en ander opnames van gesprekke wat ek met mense het en wat kan bydrae tot hierdie webblad se fokus, hier plaas. Let asseblief op dat die gesprekke meestal spontaan gebeur en videos en klankgrepe word nie geredigeer nie. Tog kan die inligting wat op die manier uitgedeel word, vir nog mense van waarde wees.

Ek gesels met Tom Fouché van Maggogong in die Vaalharts besproeiingskema oor geenbewerking tussen sy pekanneutbome en die voordeel daarvan in terme van die opbou van koolstof in die grond.

Hendrik Smith, Bewaringslandbou fasiliteerder van GraanSA het my die afgelope paar jaar van baie waardevolle inligting ten opsigte van grondgesondheid voorsien. Ek het 3 September 2015 by KZN No-till Club se jaarlikse grondbewaringskonferensie met hom gesels.

Ek gesels met Dirk McKenzie oor die redes hoekom hy tot “no-till” plant oorgegaan het en ook die voordele daarvan in terme van produksiekoste.

Tom Fouche (Vaalharts)

Hendrik Smith (Graan SA)

Dirk McKenzie (Vaalharts)

Sarel du Plessis kweek groente in allerhande houers. My besoek aan hom in Oudtshoorn was baie inspirerend. Ek weet nou nog nie hoeveel verskillende soorte groente hy op sy erf het nie. Hy het vir my so een of twee snaakse sade gegee om te plant.

Sarel du Plessis (Oudtshoorn)

Facebooktwitter