Opsoek na ‘n manier om braaikuikenmis in kompos te omskep, het ek op die internet op erdwurmkompostering afgekom. Aanvanklik het dit gelyk of erdwurms net op kleinskaals geboer kan word. Groot was my verrassing toe ek sien wat op grootskaal moontlik is. In die tussentyd het erdwurmboerdery by my ‘n passie geword en leer ek elke dag meer en meer van die wonderlike diertjies.
Ek wil graag my leerproses met mense deel. Gedurende die afgelope jaar het my doen en late met die erdwurms my gebring op plekke waar ek nooit gedink het eksal uitkom nie. Ook het ek mense ontmoet wie ek nooi tgedink het ek sal ontmoet nie. Erdwurms het soveel fassette van my lewe aangeraak en ek wil graag hê dat ander mense ook meer oor die wonders van die natuur sal leer ken.
Kom maak gereeld ‘n draai by www.erdwurmboer.co.za want hierdie webtuiste sal nooit ‘n klaar kom nie. Dit wat ek uitvind wil ek gereeld hier publiseer en die jongste artikels kan by die Erdwurmboersê-skakel gelees word. As jy in die Vaalharts omgewing rondry en dalk lus het om op Animal Farm te kom inloer, is jy ook welkom. Jy sal nie erdwurmtee kry om te drink nie, eerder iets koels in die somer of ‘n warm koppie koffie!
Jannie Pretorius
jannie@erdwurmboer.co.za
Sel: 078 334 3867



