Kompostee benaderings

Wanneer erdwurmplase te koop aangebied word, word die vooruitsig van die opvang van erdwurm tee as ‘n groot voordeel voorgehou. Die onderste bak van hierdie erdwurmplase wat in die mark te kry is, het ‘n gewoonlik ‘n kraantjie aan om die tee gerieflik af te tap. Op kleinskaal is die aftap van erdwurm tee nog moontlik, maar wat gebeur op die grootskaal? En verder: is die aftapsel werklik ‘n goeie idee?

Daar is nog twee ander benaderings:

Passiewe Kompostee

Met hierdie benadering word kompos in iets soos ‘n sykous, wat water kan deurlaat, geplaas.  Die sykous word dan in ‘n emmer met water gesit en vir ‘n paar weke so gelos. Die idee is dat die sykous soos ‘n “teesakkie” in die water hang. Die hoeveelheid kompos en water wat gebruik word, word met op die volgende verhouding bepaal, nl. Een deel kompos en vyf dele water. Na ‘n paar weke kan die “tee” op gesaaides gebruik word. Die nadeel van die benadering is dat dit anarobies kan word en dan skadelik vir die plante waarop dit toegedien word, kan wees.

Belugte kompostee

Belugte kompostee word verkry deur kompos in ‘n “teesakkie” te sit en dan lug deur die water, waarin die “teesakkie” geplaas is, te borrel.  Die borrelproses maak dat daar meer suurstof in die water is en dat die voordelige organismes met behulp van die suurstof vinniger in die water vermeerder. Die kompostee moet egter so gou as moontlik nadat dit belug is, op plante met behulp van ‘n rugsakspuit of gifspuit, toegedien word. Indien die tee te lank staan voordat dit op die plante toegedien word, kan die tee anarobies word en dus skadelik vir die plante wees. Volg die So maak jy kompostee skakel om ‘n eenvoudige metode te sien van hoe om belugte kompostee te produeer.

Mathew Ryan in Compost Tea Production, Application and Benefits, gee ‘n goeie agtergrond van die produksie en gebruike van kompostee: Compost Tea Production, Application and benefits (874 KB)

Leave a Reply