Erdwurmkompos is ‘n ideale middel om jou grondvrugbaarheid en grond gehalte te verbeter. Erdwurmkompos voorsien grond van nutriënte, organiese materiaal en voordelige mikro-organismes wat die gesondheid, groei, kwalitieit en opbrengs van gewasse tot gevolg het. Die nadeel (ja erdwurmkompos het sy nadele, as dit nadele kan noem…) van erdwurmkompos is egter die tyd, spasie en die toerusting wat benodig word om dit te produeer en toe te dien. Erdwurmkompostee bied ‘n meer hanteerbare en goedkoper manier om die voordele van kompos te ontsluit.
Boere week al vir eeue lank ”teesakkies” vol kompos in water en gebruik dan die water (kompostee) op hulle landerye as bemesting en om die gesondheid van hulle gesaaides te verbeter. Hierdie kompostee staan bekend as passiewe kompostee en word verkry deur een deel kompos in vyf dele water te week.
In onlangse tye is begin om lug deur die water te borrel terwyl die “teesakkie” in die water lê. Hierdie kompostee staan bekend as “belugte kompostee.” Die verhoging van suurstof in die kompostee met behulp van die borrelproses , veroorsaak dat die tydperk wat dit neem om kompostee te vervaardig verkort word. Dit help ook dat die hoeveelheid voordelige organismes vinniger in die water vermeerder.
Lees ook Kompostee benaderings en So maak jy erdwurmkompostee



