Elke vierkante meter tel
Sel: 0783343867

Sluit aan

Die aarde se primêre hulpbronne, naamlik grond en water is onder geweldige groot druk as gevolg van die wêreld se bevolkingsgroei. Daarom is jou en jou kinders se voedselsekerheid is in gedrang.  Die enigste manier om seker te maak dat jy genoeg het om te eet, is deur jou eie kos te produseer. Teenstrydig met hedendaagse voedelproduksie- en bemarkingsmodelle het jy nie ‘n plaas van duisende hektare nodig om kos te produseer nie. Jy kan op ‘n paar vierkante meter, sonder veel moeite volhoubaar groente reg deur die jaar produseer. Ongelukkig het baie van ons onkundig geraak ten opsigte van groenteproduksie en weet ons nie meer hoe nie en weet ons ook nie werklik wat die voordele van ‘n eie groentetuin is nie. Erdwurmboer Groentetuinklub is gestig met die oog daarop dat onkundiges met ander onkundiges en kundiges kan gesels oor hoe om groente te verbou. Sluit aan by ‘n ondergrondse beweging wat die aarde een vierkante meter op ‘n slag wil red.

Lidmaatskap by Erdwurmboer Groentetuinklub is gratis. Die enigste voorwaarde is dat jy ten minste een vierkante meter groentetuin anplant en vir ander lede vertel of jy suksesvol was met jou groenteproduksie of nie. Dit maak nie saak of jy ‘n nuweling of ou hand met groentetuine is nie. Die idee is om bymekaar te leer. Klik op die onderstaande knoppie om aan te sluit.

Sluit aan

Die Internet is vol ongewensde robotte wat die lewe vir mens moeilik maak. Om die ongewensde elemente so veel as moontlik uit te skakel, gaan jy nadat jy op die “Sluit aan” knoppie geklik het,

  1. ‘n klein skerm sien wat vir jou ‘n “Username” en “Password” gee.
  2. As jy dit ingevul het gaan jy na ‘n skerm geneem word waar jy  jou eie “Username” kan kies en jou e-pos adres kan verskaf.
  3. Daarna word ‘n “Password” per e-pos vir jou gestuur wat jy dan kan verander
  4. deur na jou “Profile” te gaan.
  5. As jy enigsins probleme het, stuur vir my ‘n e-pos?

As lid van Erdwurmboer Groentetuinklub het jy toegang tot die aanlyn Klubhuis wat bestaan uit Forums waar verskillende Onderwerpe bespreek word. Jy kry ook die geleentheid om foto’s van jou groente en groentetuine op te laai om vir ander lede te wys. Kom ons maak ‘n verskil aan ons omgewing en ons samelewing. Klik op die onderstaande knoppie om aan te sluit.

Sluit aan
Facebooktwitter