Elke vierkante meter tel
Sel: 0783343867

Klubhuis

Welkom by Erdwurmboer Groentetuinklub klubhuis. Hier kan jy kontak maak met ander mense wat erdwurmsboer, (erdwurm)kompos maak, groente op groot en kleinskaal verbou en mense wat belangstel in die bewaring van ons belangrikste natuurlike hulpbron, nl. grond. Die idee is om hier te kan vrae vra oor enigeiets rakende die verskillende forums en onderwerpe wat geskep is. Dit gaan oor onkundiges wat onkundiges em kundiges vrae vra. Jou deelname kan in of Afrikaans of Engels geskied.

In die linkerkantste kolom is verskillende forums en aan die regterkant is verskillende onderwerpe wat binne die forums bespreek word. Om die bal aan die rol gesit te kry, is daar vir eers net ‘n paar onderwerpe geskep waaruit jy kan kies . Erdwurmboer is die enigste persoon wat nuwe onderwerpe kan skep. Indien jy iets wil bespreek wat nie mooi inpas by die bestaande onderwerpe of forums nie, stuur ‘n e-pos en vra dat die forum/onderwerp geskep word. Indien jy wil kommentaar lewer op een van die onderwerpe, klik die “Reply” skakel en siedaar, jy kan skryf en foto’s oplaai. Jy kan ook op forums of onderwerpe inskryf om inligting per e-pos te ontvang sodra iemand iets gepos het.

Indien jy sou aansluit by die Groentetuinklub, wil ek vra dat jy eerstens by die Jou Groente Tuin onderwerp ‘n draai sal maak om jou groentetuin aan ander lede bekend te stel?

[bsp-display-forum-index forum= ‘153, 157, 261, 155′ breadcrumb=’no’ search=’no’]

[bsp-display-topic-index show=’10’ template =’short’]

Facebooktwitter