Elke vierkante meter tel
Sel: 0783343867

Klubkampioenskap

Die reëls:

  • Jy moet ‘n amptelike lid van Erdwurmboer se aanlyn Groentetuinklub wees of aansluit voor of op 29 Februarie 2016. (As jy sukkel met die aanlyn aansluitproses, stuur ‘n e-pos na Jannie Pretorius om aan te sluit.)
  • Jy moet ten minste 3 keer in die groeiseisoen ‘n foto van jou groentetuin op die Groentetuinklub Forum of op Erdwurmboer se Facebook blad geplaas het. As jy nie Facebook gebruik nie of nie op die forum ingeteken kry nie, stuur fotos met beskrywings na my epos adres, dan laai ek dit namens jou op!)
  • Die grootte van jou groentetuin maak nie saak nie, aangesien sommiges net ‘n agterstoep of balkon het om groente op te verbou.
  • Die wenner gaan be-oordeel word op grond van die foto’s van sy/haar groentetuin, asook in watter mate hy/sy aan die ideaal van die Groentetuinklub voldoen het, naamlik om op die forum terugvoer te gee oor sy/haar suksesse en mislukkings en ook in hoe ‘n mate hy/sy oormaat groente uitgedeel het aan iemand anders.
  • Om in te skryf vir die kompetisie, pos fotos op Facebook van jou groentetuin en gebruik #groentetuinklub in jou post
  • Die sluitingsdatum vir inskrywing vir die kompetisie is 29 Februarie 2016.
  • Die inskrywings word deur Chris Chameleon, Daniella Deysel en Martelize Brink be-oordeel.

Die wenner word 30 April 2016 aangewys

Om meer te leer oor die Groentetuinklub, lees hier: http://www.erdwurmboer.co.za/groentetuinklub/

Facebooktwitter