Elke vierkante meter tel
Sel: 0783343867

Klubkampioen

Die eerste Erdwurmboer Groentetuinklub Klubkampioen is deur Martelize Brink, Daniella Deysel en Chris Chameleon aangewys. Die tuine is bloot be-oordeel op grond van die fotos wat ingestuur is en geen tuinbesoeke is deur die be-oordelaars gedoen nie. Die fotos van die wentuin is deur Clark Botha en Anel Cadman ingestuur. Hulle groot verkeidenheid, waterwyse benadering en hulle aanwending van herwinbare hulpbronne, het die be-oordelaars beïndruk.

(Klik op die fotos om dit te vergroot)

In hierdie fotos is twee kweekhuise wat aanvanklik gekoop was om saailinge in te kweek, omskep in 2 vierkante meter tuine nadat die plastiekkoepel tot niet gegaan het. Hier kan beet, uie, rissies, soetrissies, eiervrug en slaai gesien word.

Boontjieranke met behulp van swartwattellatte.

Die pampoenafdeling met Bloupampoen, Skorsies, Murgpampoen en Kolwynpampoentjies (Patty pans).

Tamaties, rape en wortels in die bande met tamaties langs hulle in die grond. Heelagter teen die muur is aartappels en smeerwortel (comfrey). Smeerwortels word gebruik om die kompos vertering aan te help.

Twee Rubarbplante.

Die begin van ‘n aartappelstoel in die onderste buiteband, met die volgende buiteband reg vir op-ert as die plant bo die band begin uitgroei.

Lemoen- en suurlemoenboom

Turksvye

Hoenders vir eiers en patats op ‘n komposhoop.

Kool, kruie, pietersielie en slaai

Afrika-aartappel en spekboom

Grenadellas en artisjokke.

Dankie aan almal wat aangesluit het by die groentetuinklub. Daar is ‘n maand of wat voordat dit weer somer is, begin solank beplan aan die nuwe seisoen – wie weet, dalk is jou tuin volgende jaar die wentuin. Maak ander bewus van die lekker om jou eie groente uit jou eie tuin te kan eet.

Nogmaals baie geluk aan Clark en Anel.

Facebooktwitter