Elke vierkante meter tel
Sel: 0783343867

Wat doen erdwurms?

Erdwurm in die grond

Erdwurm

Erdwurm tonnel

Erdwurm tonnel

Verbeterde grondstruktuur

Verbeterde grondstruktuur

Die voordeel van erdwurms in jou grond is ongelooflik. Die volgende feite behoort jou te beïndruk:

  • Daar kan ongeveer 4-5 miljoen erdwurms in een hektaar gesonde grond woon.
  • Hierdie erdwurms kan soveel as 30 ton grond per jaar rondskuif opsoek na kos.
  • Charles Darwin, wat ‘n studie oor erdwurms gedoen het en ‘n boek, The Formation of Vegetable Mould Through the Action of Worms with Observations on Their Habits, gepubliseer het, het die stelling gemaak dat elke grond partikel op aarde al ten minste een keer deur ‘n erdwurm beweeg het.
  • Erdwurms eet bakterieë, swamme, aalwurms, protozoa en die organiese materiaal waarin die organismes voorkom.

Die inligting op hierdie bladsy kom uit Teaming with Microbes en is by Amazon in hardeband of Kindle beskikbaar. (Sien regterkantste kantlyn)

Die grootste voordeel van erdwurms in jou grond is dat hulle voedingstowwe in die grond los maak in ‘n plantbeskikbare vorm. Grond wat deur ‘n erdwurm beweeg het,wys die volgende verhoging in minerale:

  • 7 keer meer fosfate (P)
  • 10 keer meer Kalium (K)
  • 5 keer meer Stikstof (N)
  • 3 keer meer Magnesium (Mg)
  • 1.5 keer meer Calcium (Ca)
  • Erdwurms kan tot 30 ton erdwurmmis per hektaar per jaar produseer .

As die syfers jou nie kan wysmaak dat erdwurms vir jou tuin- of landbougrond noodsaaklik is nie, sal niks nie. Erdwurms is ‘n kunsmisfabriek in jou grond.

Facebooktwitter