Ja, jy het reg gelees! Ek het op interessante inligting afgekom waar die gebruik van erdwurms (lewendig, gedroog, in poeier vorm en in pasta vorm) in farmaseutiese produkte bespreek word! Die gebruik van erdwurms in medikasie vir mense is egter nie ‘n nuwe gier nie. Daar is bewyse dat erdwurms alreeds vir 4000 jaar deur die Chinese vir die doel gebruik word.
Erdwurmprodukte is al suksesvol gebruik om infeksies in mense se verteringstelsels reg te dokter. Erdwurm tonikums gebruik om mense se sentrales enustelsel reg te ruk! Ek kan ongelukkig nie al die verskillende medisinale werkinge van erdwurms hier lys nie, maar soek E.L. Cooper op Google en kyk watter navorsing hy al gedoen het op hierdie eienskap van erdwurms.
Die engelse opskrifte (my afrikaans – engelse woordeboek het voete gekry) van die hooftuk (geskryf deur Balamurugan, Parthasarathi, Ranganathan en Cooper) wat ek gelees het, lui as volg: Antioxidative Activity of Earthworms, Antiulcer Properties of Earthworms, Anti-Inflammatory Effects of Earthworm Paste or Extracts, Anticarcinogenic Activity of Earthworm Extracts, Antibacterial Activity of Coelomic Fluid of Earthworms en Anticoagulative Activity of Earthworm Extracts.
Dis ‘n mondvol.
Almal dink dat erdwurms net goed is vir die grond…



