Tuisblad

erdwurms  Erdwurms speel ‘n belangrike rol in die natuur ten opsigte van die afbreek van organiesemateriaal en om grondvrugbaarheid te bevorder. Hierdie unieke eienskap van erdwurms is doeltreffend deur mense geharnas en daarom word erdwurmboerdery (vermiculture) en erdwurmkompostering (vermicomposting) be-oefen.

Erdwurmboerdery verskil van erdwurmkompostering  alhoewel die twee konsepte byna dieselfde is, is daar tog ‘n verskil. Onder die skakels, Boerdery en Kompostering, kan jy meer oor die verskille lees! Erdwurmtee is ‘n belangrike byproduk van erdwurmboerdery.

Al is dit bloot net om die kombuisafval sinvol te verwerk tot kompos vir ‘n klein groentetuintjie of om waarde tot die beesmis van ‘n groot melkery toe te voeg, erdwurms bied die antwoord.

erdwurmkompostering  Die Artikel afdeling is bygevoeg om jou te help om maklik inligting oor erdwurmboerdery in die hande te kry. By Erdwurmboer gaan jy ‘n aanlyn biblioteek in die verband kry. Artikels word gereeld onder die Artikel afdeling bygevoeg word. Indien jy ‘n lys van vorige artikels wil sien, kies ‘n opsie in die argief keuses aan die regterkant.

Erdwurmboer wil graag meer weet oor jou belangstelling in erdwurms en ook hoe jy op hierdie webblad uitgekom het? Ek het ‘n kort vraelys (4 vrae om presies te wees) opgestel en indien jy belangstel om die besoekersvraelys in te vul, klik hier!

Jy kan deel word van die Erdwurmboer gemeenskap deur die register skakel te klik. Met jou eie gebruikersnaam en wagwoord kan jy inteken op gereelde nuus, vrae vra, kommentaar lewer op iets wat jy hier lees en ook jou erdwurmboerdery ondervinding met die res van Suid-Afrika deel.

Comments are closed.